Die Vrystaat se #GayWeesFees het ontstaan in die gedagtes van n groepie toegewyde LGBT gemeenskapslede van Welkom in die Vrystaat. Die gedagte was aanvanklik om vir die Vrystaat sy eie Pride samekoms te bied waar die LGBT gemeenskap in ons omgewing ook die geleentheid kry om trots en gemaklik tussen ander lede van die LGBT gemeenskap te kuier en fees te vier.

Die gedagtes het op papier begin vloei en skielik was hierdie Pride samekoms nie net meet n een-dag samekoms nie. Daar is besluit om n heerlike kuier naweek hiervan te maak!

Vinnig het die idees begin vloei en is daar aan die werk gespring met 5 komiteelede, om n geskikte perseel te kry, wat in elkeen van die LGBT gemeenskap se behoeftes sou voldoen.

Reg van die begin af, was die grootste fokuspunt om ons unieke Diversiteit te vier. n Tikkie vryheid te bied waar elkeen hom/haarself kan wees, sonder om te verdwyn in die norm en gejaag van ons dag-tot-dag verpligtinge. Hier oordeel ons nie mekaar nie, ons maak n ophef van mekaar se unieke talente. Die doelwit is dat hierdie fees elke jaar groter en selfs beter sal groei en sodoende kan ons dit n jaarlikse instelling maak.

Kom ons hou by die rels:
​​​​​​​
Die volgende word nie
toegelaat nie:

Geen o/18's

Geen diere

Geen naaktheid in publiek

Geen seksuele omgang in publiek

Geen dwelms

Geen geweld

Ons wil graag almal in ag neem en dit vir elkeen 'n aangename naweek maak.



Site Map